- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Mateo 1:11|
									en Josía die vader van Jegónia en sy broers in die tyd van die Babiloniese ballingskap.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Mateo 1:12|
									En ná die Babiloniese ballingskap het Jegónia die vader geword van Seáltiël, en Seáltiël was die vader van Serubbábel,									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Mateo 1:13|
									en Serubbábel die vader van Abíud, en Abíud die vader van Éljakim, en Éljakim die vader van Asor,									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Mateo 1:14|
									en Asor die vader van Sadok, en Sadok die vader van Agim, en Agim die vader van Elíud,									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Mateo 1:15|
									en Elíud die vader van Eleásar, en Eleásar die vader van Mattan, en Mattan die vader van Jakob,									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Mateo 1:16|
									en Jakob die vader van Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus wat Christus genoem word.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Mateo 1:17|
									Al die geslagte dan van Abraham tot Dawid is veertien geslagte, en van Dawid tot die Babiloniese ballingskap veertien geslagte, en van die Babiloniese ballingskap tot Christus veertien geslagte.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Mateo 1:18|
									Die geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Mateo 1:19|
									En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Mateo 1:20|
									Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18