- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									31
									 
									 
									|Mateo 22:31|
									En wat die opstanding van die dode betref--het julle nie die woord gelees wat tot julle deur God gespreek is nie:									
									    
								 
- 
									
									32
									 
									 
									|Mateo 22:32|
									Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob? God is nie 'n God van dooies nie, maar van lewendes.									
									    
								 
- 
									
									33
									 
									 
									|Mateo 22:33|
									En toe die skare dit hoor, was hulle verslae oor sy leer.									
									    
								 
- 
									
									34
									 
									 
									|Mateo 22:34|
									En toe die Fariseërs hoor dat Hy die Sadduseërs die mond gestop het, het hulle almal saam vergader.									
									    
								 
- 
									
									35
									 
									 
									|Mateo 22:35|
									En een van hulle, 'n wetgeleerde, het 'n vraag gestel om Hom te versoek en gesê:									
									    
								 
- 
									
									36
									 
									 
									|Mateo 22:36|
									Meester, wat is die groot gebod in die wet?									
									    
								 
- 
									
									37
									 
									 
									|Mateo 22:37|
									En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.									
									    
								 
- 
									
									38
									 
									 
									|Mateo 22:38|
									Dit is die eerste en groot gebod.									
									    
								 
- 
									
									39
									 
									 
									|Mateo 22:39|
									En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.									
									    
								 
- 
									
									40
									 
									 
									|Mateo 22:40|
									Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18