- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									41
									 
									 
									|Mateo 24:41|
									Twee vroue sal by die meul maal; die een word aangeneem en die ander word verlaat.									
									    
								 
- 
									
									42
									 
									 
									|Mateo 24:42|
									Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie.									
									    
								 
- 
									
									43
									 
									 
									|Mateo 24:43|
									Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter nagwaak die dief sou kom, sou hy gewaak en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek word nie.									
									    
								 
- 
									
									44
									 
									 
									|Mateo 24:44|
									Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie.									
									    
								 
- 
									
									45
									 
									 
									|Mateo 24:45|
									Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee?									
									    
								 
- 
									
									46
									 
									 
									|Mateo 24:46|
									Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind.									
									    
								 
- 
									
									47
									 
									 
									|Mateo 24:47|
									Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel.									
									    
								 
- 
									
									48
									 
									 
									|Mateo 24:48|
									Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom--									
									    
								 
- 
									
									49
									 
									 
									|Mateo 24:49|
									en hy sy medediensknegte begin slaan en saam met die dronkaards begin eet en drink,									
									    
								 
- 
									
									50
									 
									 
									|Mateo 24:50|
									dan sal die heer van dié dienskneg kom op 'n dag dat hy dit nie verwag nie en op 'n uur dat hy dit nie weet nie;									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18