- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Mateo 6:11|
									gee ons vandag ons daaglikse brood;									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Mateo 6:12|
									en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Mateo 6:13|
									en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Mateo 6:14|
									Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Mateo 6:15|
									Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Mateo 6:16|
									En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie; want hulle mismaak hul gesigte, sodat dit deur die mense gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Mateo 6:17|
									Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig,									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Mateo 6:18|
									sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Mateo 6:19|
									Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Mateo 6:20|
									maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15