- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Mateo 7:1|
									Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Mateo 7:2|
									Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Mateo 7:3|
									En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Mateo 7:4|
									Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk!									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Mateo 7:5|
									Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Mateo 7:6|
									Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Mateo 7:7|
									Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Mateo 7:8|
									Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Mateo 7:9|
									Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom 'n klip sal gee;									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Mateo 7:10|
									en as hy 'n vis vra, aan hom 'n slang sal gee?									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18