-
-
Afrikaans (1953) -
-
13
|Hebreus 13:13|
Laat ons dan uitgaan na Hom toe buitekant die laer en sy smaad dra.
-
14
|Hebreus 13:14|
Want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons soek die toekomstige.
-
15
|Hebreus 13:15|
Laat ons dan gedurig deur Hom aan God 'n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely.
-
16
|Hebreus 13:16|
Vergeet die weldadigheid en mededeelsaamheid nie, want God het 'n welbehae aan sulke offers.
-
17
|Hebreus 13:17|
Wees gehoorsaam aan julle voorgangers en onderdanig, want hulle waak vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee, sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie al sugtende nie; want dit is vir julle nie nuttig nie.
-
18
|Hebreus 13:18|
Bid vir ons, want ons is oortuig dat ons 'n goeie gewete het, omdat ons in alles goed wil wandel.
-
19
|Hebreus 13:19|
Des te meer vermaan ek julle om dit te doen, sodat ek gouer aan julle teruggegee kan word.
-
20
|Hebreus 13:20|
Mag die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het,
-
21
|Hebreus 13:21|
julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid! Amen.
-
22
|Hebreus 13:22|
En ek vermaan julle, broeders, verdra die woord van vermaning, want ek het ook maar kort aan julle geskrywe.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 21-21