- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Mateo 12:11|
									Maar Hy sê vir hulle: Watter mens sal daar onder julle wees wat een skaap het, en as dit op die sabbat in 'n sloot val, dit nie sal gryp en uithaal nie?									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Mateo 12:12|
									Hoeveel meer is 'n mens dan nie werd as 'n skaap nie! So is dit dan geoorloof om op die sabbat goed te doen.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Mateo 12:13|
									Toe sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, en dit is herstel, gesond soos die ander een.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Mateo 12:14|
									Daarop het die Fariseërs uitgegaan en saam raad gehou teen Hom, sodat hulle Hom sou kan ombring.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Mateo 12:15|
									Toe Jesus dit bemerk, het Hy daarvandaan weggegaan, en groot menigtes het Hom gevolg, en Hy het hulle almal gesond gemaak,									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Mateo 12:16|
									en hulle 'n streng bevel gegee dat hulle Hom nie bekend moes maak nie,									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Mateo 12:17|
									sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur Jesaja, die profeet:									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Mateo 12:18|
									Kyk, my Kneg wat Ek uitverkies het, my Geliefde in wie my siel 'n welbehae het! Ek sal my Gees op Hom lê, en Hy sal aan die nasies die reg aankondig.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Mateo 12:19|
									Hy sal nie twis of uitroep nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Mateo 12:20|
									'n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en 'n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18