- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									41
									 
									 
									|Mateo 12:41|
									Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en--meer as Jona is hier!									
									    
								 
- 
									
									42
									 
									 
									|Mateo 12:42|
									Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en--meer as Salomo is hier!									
									    
								 
- 
									
									43
									 
									 
									|Mateo 12:43|
									En wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus en vind dit nie.									
									    
								 
- 
									
									44
									 
									 
									|Mateo 12:44|
									Dan sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. En hy kom en vind dit leeg, uitgeveeg en versier.									
									    
								 
- 
									
									45
									 
									 
									|Mateo 12:45|
									Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hy self met hom saam, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste. Só sal dit ook wees met hierdie bose geslag.									
									    
								 
- 
									
									46
									 
									 
									|Mateo 12:46|
									En terwyl Hy nog met die skare spreek, staan sy moeder en broers daarbuite en wou graag met Hom praat.									
									    
								 
- 
									
									47
									 
									 
									|Mateo 12:47|
									Toe sê iemand vir Hom: Dáár staan u moeder en u broers buite en wil graag met U praat.									
									    
								 
- 
									
									48
									 
									 
									|Mateo 12:48|
									Maar Hy antwoord en sê vir die een wat Hom dit vertel het: Wie is my moeder? En wie is my broers?									
									    
								 
- 
									
									49
									 
									 
									|Mateo 12:49|
									En Hy steek sy hand oor sy dissipels uit en sê: Dáár is my moeder en my broers.									
									    
								 
- 
									
									50
									 
									 
									|Mateo 12:50|
									Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18