-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
13
|Mateo 20:13|
Maar hy antwoord en sê vir een van hulle: Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir 'n penning nie?
-
14
|Mateo 20:14|
Neem dan wat joue is, en gaan heen. Ek wil aan hierdie laaste een gee net soos aan jou.
-
15
|Mateo 20:15|
Of staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? Of is jou oog verkeerd, omdat ek goed is?
-
16
|Mateo 20:16|
So sal die wat laaste is, eerste wees, en die wat eerste is, laaste; want baie is geroep, maar min uitverkies.
-
17
|Mateo 20:17|
En toe Jesus opgaan na Jerusalem, het Hy die twaalf dissipels op die pad alleen geneem en vir hulle gesê:
-
18
|Mateo 20:18|
Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en die Seun van die mens sal oorgelewer word aan die owerpriesters en skrifgeleerdes; en hulle sal Hom tot die dood veroordeel
-
19
|Mateo 20:19|
en Hom oorlewer aan die heidene om Hom te bespot en te gésel en te kruisig; en op die derde dag sal Hy opstaan.
-
20
|Mateo 20:20|
Toe kom die moeder van die seuns van Sebedéüs met haar seuns na Hom en buig voor Hom neer om iets van Hom te vra.
-
21
|Mateo 20:21|
En Hy sê vir haar: Wat wil jy hê? Sy antwoord Hom: Sê dat hierdie twee seuns van my in u koninkryk mag sit, een aan u regter-- en een aan u linkerhand.
-
22
|Mateo 20:22|
Maar Jesus antwoord en sê: Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek aanstons gaan drink, en gedoop word met die doop waarmee Ek gedoop word? Hulle sê vir Hom: Ons kan.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Juan 1-5