-
-
Afrikaans (1953) -
-
27
|Eclesiastes 7:27|
Kyk, dit het ek uitgevind, sê die Prediker, deur die een by die ander te voeg, om 'n slotsom te vind--
-
28
|Eclesiastes 7:28|
wat my siel lank gesoek het, maar wat ek nie gevind het nie: een mens uit duisend het ek gevind, maar 'n vrou het ek onder soveel nie gevind nie.
-
29
|Eclesiastes 7:29|
Kyk, net dit het ek uitgevind: dat God die mens reg gemaak het, maar hulle het baie slim planne gesoek.
-
1
|Eclesiastes 8:1|
Wie is soos die wyse, en wie weet die verklaring van die dinge? Die wysheid van 'n mens verhelder sy gesig, en die hardheid van sy gesig word daardeur verander.
-
2
|Eclesiastes 8:2|
Ek sê: Neem die bevel van die koning in ag, en wel ter wille van die eed by God.
-
3
|Eclesiastes 8:3|
Haas jou nie om van hom af weg te gaan nie; laat jou nie in met 'n slegte saak nie, want alles wat hy wil, doen hy.
-
4
|Eclesiastes 8:4|
Want die woord van die koning is magtig, en wie kan vir hom sê: Wat doen u?
-
5
|Eclesiastes 8:5|
Hy wat die gebod onderhou, sal geen kwaad ondervind nie; en die hart van 'n wyse sal die tyd en die regterlike beslissing belewe.
-
6
|Eclesiastes 8:6|
Want vir elke ding is daar 'n tyd en 'n beslissing; want die boosheid van die mens druk swaar op hom.
-
7
|Eclesiastes 8:7|
Want hy weet nie wat sal wees nie; want hoe dit sal wees--wie kan hom dit te kenne gee?
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 21-21