-
Leia por capÃtulos
-
Afrikaans (1953) -
-
1
|Gênesis 14:1|
En in die dae van Amrafel, die koning van SÃnear, ArÃog, die koning van Ellásar, Kedor-Laómer, die koning van Elam, en TÃdeal, die koning van die nasies,
-
2
|Gênesis 14:2|
het hulle oorlog gevoer teen Bera, die koning van Sodom, en teen Bisra, die koning van Gomorra, SÃneab, die koning van Adma, en Seméber, die koning van Sebóim, en teen die koning van Bela, dit is Soar.
-
3
|Gênesis 14:3|
Hulle het almal hulle leërs verenig in die laagte Siddim, dit is die Soutsee.
-
4
|Gênesis 14:4|
Twaalf jaar lank het hulle Kedor-Laómer toe al gedien, maar in die dertiende jaar het hulle opstandig geword.
-
5
|Gênesis 14:5|
Toe kom Kedor-Laómer in die veertiende jaar, en die konings wat saam met hom was, en hulle verslaan die Refaïete in Asterot-Karnaim en die Susiete in Ham en die Emiete in die vlakte van Kirjatáim
-
6
|Gênesis 14:6|
en die Horiete op hulle gebergte Seïr, tot by El-Paran wat aan die woestyn lê.
-
7
|Gênesis 14:7|
Daarop het hulle omgedraai en by En-Mispat, dit is Kades, gekom en die hele land van die Amalekiete verower en ook die Amoriete wat in Háseson-Tamar woon.
-
8
|Gênesis 14:8|
Toe trek die koning van Sodom uit en die koning van Gomorra en die koning van Adma en die koning van Sebóim en die koning van Bela, dit is Soar, en stel hulle in die laagte Siddim in slagorde teen hulle op,
-
9
|Gênesis 14:9|
teen Kedor-Laómer, die koning van Elam, en TÃdeal, die koning van die nasies, en Amrafel, die koning van SÃnear, en ArÃog, die koning van Ellásar: vier konings teen vyf.
-
10
|Gênesis 14:10|
Maar die laagte Siddim was vol gate in die lymgrond; en toe die konings van Sodom en Gomorra wegvlug, het hulle daarin geval, en die wat oorgebly het, het na die gebergte gevlug.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 22-22