-
Leia por capÃtulos
-
Afrikaans (1953) -
-
1
|Gênesis 49:1|
Daarna het Jakob sy seuns geroep en gesê: Kom bymekaar, dat ek julle kan verkondig wat julle aan die einde van die dae sal wedervaar.
-
2
|Gênesis 49:2|
Versamel en hoor, seuns van Jakob, en luister na Israel, julle vader!
-
3
|Gênesis 49:3|
Ruben, jy is my eersgeborene, my krag en die eersteling van my sterkte; die vernaamste in hoogheid en die vernaamste in mag!
-
4
|Gênesis 49:4|
Opbruising soos van waters--jy sal die vernaamste nie wees nie, want jy het die bed van jou vader beklim; toe het jy dit ontheilig. Hy het my bed beklim.
-
5
|Gênesis 49:5|
SÃmeon en Levi is broers. Hulle wapens is werktuie van geweld.
-
6
|Gênesis 49:6|
Laat my siel nie kom in hulle raad nie, laat my eer nie eens wees met hulle vergadering nie. Want in hul toorn het hulle manne doodgeslaan, en in hulle moedswilligheid het hulle beeste vermink.
-
7
|Gênesis 49:7|
Vervloek is hulle toorn, want dit is heftig; en hulle grimmigheid, want dit is hard. Ek sal hulle verdeel in Jakob en hulle verstrooi in Israel.
-
8
|Gênesis 49:8|
Juda, jy is dit! Jou sal jou broers loof. Jou hand sal op die nek van jou vyande wees; voor jou sal die seuns van jou vader hulle neerbuig.
-
9
|Gênesis 49:9|
Juda is 'n jong leeu; van die roof af het jy opgeklim, my seun. Hy buig hom, hy gaan lê soos 'n leeu en soos 'n leeuin; wie sal hom opjaag?
-
10
|Gênesis 49:10|
Die septer sal van Juda nie wyk nie, nóg die veldheerstaf tussen sy voete uit totdat Silo kom; en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 21-21