-
Leia por capÃtulos
-
Afrikaans (1953) -
-
21
|Gênesis 35:21|
En Israel het weggetrek en sy tent opgeslaan aan die ander kant van Migdal-Eder.
-
22
|Gênesis 35:22|
En terwyl Israel in dié land woon, het Ruben gegaan en met Bilha, sy vader se byvrou, gemeenskap gehad. En Israel het dit gehoor. En die seuns van Jakob was twaalf.
-
23
|Gênesis 35:23|
Die seuns van Lea was: Ruben, die eersgeborene van Jakob, daarna SÃmeon en Levi en Juda en Issaskar en Sébulon.
-
24
|Gênesis 35:24|
Die seuns van Ragel: Josef en Benjamin.
-
25
|Gênesis 35:25|
En die seuns van Bilha, die slavin van Ragel: Dan en Náftali.
-
26
|Gênesis 35:26|
En die seuns van Silpa, die slavin van Lea: Gad en Aser. Dit is die seuns van Jakob wat vir hom in Paddan-Aram gebore is.
-
27
|Gênesis 35:27|
En Jakob het by sy vader Isak gekom in Mamre, by Kirjat-Arba, dit is Hebron, waar Abraham as vreemdeling vertoef het, en ook Isak.
-
28
|Gênesis 35:28|
En die dae van Isak was honderd en tagtig jaar.
-
29
|Gênesis 35:29|
En Isak het die asem uitgeblaas en gesterwe, en hy is by sy volksgenote versamel, oud en afgeleef. En sy seuns Esau en Jakob het hom begrawe.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 22-22