-
Leia por capÃtulos
-
Afrikaans (1953) -
-
14
|Gênesis 14:14|
Toe Abram hoor dat sy broer as gevangene weggevoer is, het hy sy geoefende manne wat in sy huis gebore is, laat uittrek, drie honderd en agtien, en hulle tot by Dan agtervolg--
-
15
|Gênesis 14:15|
hy het hulle in die nag van verskillende kante aangeval, hy en sy dienaars, en hulle verslaan en hulle agtervolg tot by Hoba wat noord van Damaskus lê.
-
16
|Gênesis 14:16|
En hy het al die goed teruggebring, en ook sy broer Lot en sy goed teruggebring; en ook die vroue en die manskappe.
-
17
|Gênesis 14:17|
Ná sy terugkoms van die oorwinning op Kedor-Laómer en die konings wat saam met hom was, het die koning van Sodom uitgetrek hom tegemoet na die laagte Sawe, dit is die Koningslaagte.
-
18
|Gênesis 14:18|
En Melgisédek, die koning van Salem, wat 'n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring
-
19
|Gênesis 14:19|
en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde.
-
20
|Gênesis 14:20|
En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom die tiende van alles.
-
21
|Gênesis 14:21|
En die koning van Sodom sê vir Abram: Gee my die mense, maar neem die goed vir uself.
-
22
|Gênesis 14:22|
Toe antwoord Abram die koning van Sodom: Ek hef my hand op tot die HERE, God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde,
-
23
|Gênesis 14:23|
dat ek geen draad en geen skoenriem, ja, dat ek niks sal neem van alles wat uwe is nie, sodat u nie kan sê nie: Ek het Abram ryk gemaak.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 22-22