-
Leia por capÃtulos
-
Afrikaans (1953) -
-
39
|Gênesis 24:39|
Toe het ek aan my heer gesê: Miskien sal die vrou my nie volg nie.
-
40
|Gênesis 24:40|
Maar hy het my geantwoord: Die HERE voor wie se aangesig ek gewandel het, sal sy engel met jou saamstuur, en Hy sal jou weg voorspoedig maak, sodat jy vir my seun 'n vrou uit my geslag en uit die huis van my vader kan gaan haal.
-
41
|Gênesis 24:41|
Dan sal jy ontslae wees van die eed aan my: as jy by my geslag kom en hulle haar aan jou nie wil gee nie, dan is jy ontslae van die eed aan my.
-
42
|Gênesis 24:42|
Ek het toe vandag by die fontein gekom en gesê: HERE, God van Abraham, my heer, as U dan my weg waar ek op gaan, voorspoedig wil maak--
-
43
|Gênesis 24:43|
ek staan hier by die fontein laat dit nou tog gebeur: die jongmeisie wat uitkom om te skep en aan wie ek sal sê: Laat my tog 'n bietjie water uit jou kruik drink--
-
44
|Gênesis 24:44|
en wat my sal antwoord: Drink u self, en ook vir u kamele sal ek skep--sy is die vrou wat die HERE vir die seun van my heer bestem het.
-
45
|Gênesis 24:45|
Ek het nog nie klaar in my hart gespreek nie of daar het Rebekka uitgekom met haar kruik op die skouer en na die fontein afgedaal en geskep. Ek het toe vir haar gesê: Laat my tog drink!
-
46
|Gênesis 24:46|
En sy het dadelik haar kruik van haar laat afsak en gesê: Drink, en ek sal u kamele ook laat drink. En ek het gedrink, en sy het ook die kamele laat drink.
-
47
|Gênesis 24:47|
Toe vra ek haar en sê: Wie se dogter is jy? En sy antwoord: Die dogter van Bétuel, die seun van Nahor wat Milka vir hom gebaar het. Daarop het ek die ring aan haar neus gesit en die armbande aan haar hande,
-
48
|Gênesis 24:48|
en ek het my in aanbidding neergebuig voor die HERE en die HERE geloof, die God van Abraham, my heer, wat my op die regte weg gelei het om die dogter van my heer se broer vir sy seun te gaan haal.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 22-22