-
-
Afrikaans (1953) -
-
1
|Hebreus 10:1|
Want die wet, wat 'n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie.
-
2
|Hebreus 10:2|
Anders sou hulle opgehou het om geoffer te word, omdat die wat die diens verrig, nadat hulle een maal gereinig is, geen bewussyn meer van sondes sou gehad het nie.
-
3
|Hebreus 10:3|
Maar in dié offers is daar jaar na jaar 'n herinnering aan die sondes;
-
4
|Hebreus 10:4|
want die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem.
-
5
|Hebreus 10:5|
Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My 'n liggaam berei.
-
6
|Hebreus 10:6|
Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie.
-
7
|Hebreus 10:7|
Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom--in die boekrol is dit van My geskrywe--om u wil te doen, o God.
-
8
|Hebreus 10:8|
Nadat Hy hierbo gespreek het: Slagoffer en spysoffer en brandoffers en sondoffers wou U nie hê en het U nie behaag nie--wat volgens die wet geoffer word--
-
9
|Hebreus 10:9|
het Hy daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen, o God. Hy neem die eerste weg om die tweede te stel.
-
10
|Hebreus 10:10|
Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 21-21