- 
			
				
Leer por capítulos:
10- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Salmos 10:1|
									o HERE, waarom staan U so ver weg en hou U verborge in tye van benoudheid?									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Salmos 10:2|
									In sy trotsheid vervolg die goddelose die ellendige. Laat hulle gegryp word in die listige planne wat hulle uitgedink het!									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Salmos 10:3|
									Want die goddelose juig oor die begeerte van sy siel; en hy seën hom wat onregverdige wins maak, hy verag die HERE.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Salmos 10:4|
									Die goddelose, met sy neus in die hoogte, sê: Hy ondersoek nie: daar is geen God nie-  dit is al sy gedagtes!									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Salmos 10:5|
									Sy weë is altyd voorspoedig; hoog daarbo is u gerigte, weg van hom af; al sy teëstanders-  hy blaas op hulle.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Salmos 10:6|
									Hy sê in sy hart: Ek sal nie wankel nie; van geslag tot geslag is ek die een wat nie in die ongeluk sal wees nie.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Salmos 10:7|
									Sy mond is vol van vloek en van bedrog en verdrukking; onder sy tong is moeite en onreg.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Salmos 10:8|
									Hy sit in die hinderlae by die dorpe; in skuilplekke maak hy die onskuldige dood; sy oë loer op die ongelukkige.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Salmos 10:9|
									Hy loer in die skuilhoek soos 'n leeu in sy lêplek; hy loer om die ellendige te vang; hy vang die ellendige deur sy net toe te trek;									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Salmos 10:10|
									en verbryseld sink dié terneer, en die ongelukkiges val in sy mag.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18