- 
			
				
Leer por capítulos:
90- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Salmos 90:1|
									'n Gebed van Moses, die man van God. Here, U was vir ons 'n toevlug van geslag tot geslag.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Salmos 90:2|
									Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Salmos 90:3|
									U laat die mens terugkeer tot stof en sê: Keer terug, o mensekinders!									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Salmos 90:4|
									Want duisend jaar is in u oë soos die dag van gister as dit verbyskiet, en soos 'n nagwaak.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Salmos 90:5|
									Weggespoel het U hulle; hulle word 'n slaap; in die môre is hulle soos die gras wat weer uitspruit:									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Salmos 90:6|
									in die môre bloei dit en spruit weer uit; in die aand sny 'n mens dit af, en dit verdor.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Salmos 90:7|
									Want ons vergaan deur u toorn, en deur u grimmigheid word ons verskrik.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Salmos 90:8|
									U stel ons ongeregtighede voor U, ons verborge sondes in die lig van u aangesig.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Salmos 90:9|
									Want al ons dae gaan verby deur u grimmigheid, ons bring ons jare deur soos 'n gedagte.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Salmos 90:10|
									Die dae van ons jare-  daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18