- 
			
				
Leer por capítulos:
87- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Salmos 87:1|
									Van die kinders van Korag. 'n Psalm. 'n Lied. Sy grondvesting is op heilige berge.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Salmos 87:2|
									Die HERE het die poorte van Sion lief bo al die wonings van Jakob.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Salmos 87:3|
									Heerlike dinge word van u gesê, o stad van God! Sela.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Salmos 87:4|
									Ek wil Rahab en Babel vermeld onder hulle wat My ken; kyk, Filistéa en Tirus saam met Kus-  hierdie een is daar gebore.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Salmos 87:5|
									En van Sion sal gesê word: Man vir man is daarin gebore, en Hy, die Allerhoogste, hou dit in stand.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Salmos 87:6|
									Die HERE sal tel as Hy die volke opskrywe: Hierdie een is daar gebore. Sela.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Salmos 87:7|
									En die wat sing sowel as die wat vrolik is, sê: Al my fonteine is in jou!									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18