- 
			
				
Leer por capítulos:
47- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Salmos 47:1|
									Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm. 									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Salmos 47:2|
									Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met 'n stem van gejubel!									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Salmos 47:3|
									Want die HERE, die Allerhoogste, is gedug, 'n groot Koning oor die hele aarde.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Salmos 47:4|
									Hy bring volke onder ons en nasies onder ons voete.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Salmos 47:5|
									Hy kies ons erfdeel vir ons uit, die trots van Jakob wat Hy liefhet. Sela.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Salmos 47:6|
									God vaar op met gejuig, die HERE met basuingeklank.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Salmos 47:7|
									Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing tot eer van ons Koning, psalmsing!									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Salmos 47:8|
									Want God is Koning van die hele aarde; psalmsing met 'n onderwysing.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Salmos 47:9|
									God regeer oor die nasies; God sit op sy heilige troon.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Salmos 47:10|
									Die edeles van die volke het vergader-  'n volk van die God van Abraham; want aan God behoort die skilde van die aarde. Hoog verhewe is Hy!									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18