- 
			
				
Leer por capítulos:
5- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Salmos 5:1|
									Vir die musiekleier; met fluite. 'n Psalm van Dawid.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Salmos 5:2|
									o HERE, luister na my woorde, let op my versugting.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Salmos 5:3|
									Gee ag op die stem van my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Salmos 5:4|
									In die môre, HERE, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Salmos 5:5|
									Want U is nie 'n God wat behae het in goddeloosheid nie; die kwaaddoener sal by U nie vertoef nie.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Salmos 5:6|
									Die onsinniges sal voor u oë nie standhou nie; U haat al die werkers van ongeregtigheid.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Salmos 5:7|
									U sal die leuensprekers laat omkom; van die man van bloed en bedrog het die HERE 'n afsku.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Salmos 5:8|
									Maar ek, deur die grootheid van u goedertierenheid mag ek in u huis ingaan, my buig na u heilige tempel, in u vrees.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Salmos 5:9|
									HERE, lei my in u geregtigheid om my vyande ontwil; maak u weg voor my reg.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Salmos 5:10|
									Want in hulle mond is niks betroubaars nie; hulle binneste bring onheil; hulle keel is 'n oop graf; hulle maak hul tong glad.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18