- 
			
				
Leer por capítulos:
28- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Salmos 28:1|
									'n Psalm van Dawid. Ek roep U aan, o HERE! My rots, draai nie stilswygend van my af weg nie, sodat ek nie, as U teenoor my bly swyg, word soos die wat in die kuil neerdaal nie.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Salmos 28:2|
									Hoor die stem van my smekinge as ek U aanroep om hulp, as ek my hande ophef na die binneste van u heiligdom.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Salmos 28:3|
									Ruk my nie weg saam met die goddelose en saam met die werkers van ongeregtigheid nie; wat van vrede spreek met hulle naaste, maar daar is kwaad in hulle hart.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Salmos 28:4|
									Gee hulle na hul dade en na die boosheid van hul handelinge; gee hulle na die werk van hul hande; vergeld hulle na hulle dade.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Salmos 28:5|
									Omdat hulle nie let op die dade van die HERE of op die werk van sy hande nie, sal Hy hulle afbreek en hulle nie bou nie.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Salmos 28:6|
									Geloofd sy die HERE, want Hy het die stem van my smekinge gehoor.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Salmos 28:7|
									Die HERE is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Salmos 28:8|
									Die HERE is 'n sterkte vir hulle, en Hy is 'n vesting van verlossing vir sy gesalfde.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Salmos 28:9|
									Verlos u volk en seën u erfdeel, en wees vir hulle 'n herder en dra hulle tot in ewigheid.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15