- 
			
				
Leer por capítulos:
142- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Salmos 142:1|
									'n Onderwysing van Dawid, toe hy in die spelonk was. 'n Gebed. 									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Salmos 142:2|
									Hardop roep ek die HERE aan, hardop smeek ek die HERE.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Salmos 142:3|
									Ek stort my klagte uit voor sy aangesig; ek maak voor sy aangesig my nood bekend.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Salmos 142:4|
									As my gees in my versmag, dan ken U my pad. Op die pad wat ek moet gaan, het hulle 'n vangnet vir my gespan.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Salmos 142:5|
									Ek sien uit na regs en kyk, maar daar is niemand wat my ken nie; die toevlug is vir my verlore; niemand vra na my nie.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Salmos 142:6|
									Ek roep U aan, o HERE! Ek sê: U is my skuilplek, my deel in die land van die lewendes.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Salmos 142:7|
									Luister na my smeking, want ek is baie swak; red my van my vervolgers, want hulle is vir my te sterk.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Salmos 142:8|
									Lei my siel uit die gevangenis om u Naam te loof. Die regverdiges sal my omring as U aan my goed doen.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18