- 
			
				
Leer por capítulos:
45- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Salmos 45:1|
									Vir die musiekleier; op die wysie van: Lelies. Van die kinders van Korag. 'n Onderwysing. 'n Lied van die liefde.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Salmos 45:2|
									My hart word bewoë deur goeie woorde; ek dra my gedigte voor aangaande 'n Koning; my tong is die pen van 'n vaardige skrywer.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Salmos 45:3|
									U is veel skoner as die mensekinders; genade is uitgestort op u lippe; daarom het God U geseën vir ewig.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Salmos 45:4|
									Gord u swaard aan die heup, o held, u majesteit en u heerlikheid;									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Salmos 45:5|
									ja, u heerlikheid! Ry voorspoedig ter wille van waarheid en ootmoed en geregtigheid; en laat u regterhand U vreeslike dinge leer!									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Salmos 45:6|
									U pyle is skerp,Volke val onder U!; hulle tref in die hart van die Koning se vyande.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Salmos 45:7|
									U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is 'n regverdige septer.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Salmos 45:8|
									U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Salmos 45:9|
									Al u klere is mirre en alewee en kassie; uit ivoorpaleise maak snarespel U bly.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Salmos 45:10|
									Dogters van konings is onder u staatsdogters; die koningin staan aan u regterhand in goud van Ofir.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18