- 
			
				
Leer por capítulos:
52- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Salmos 52:1|
									Vir die musiekleier. 'n Onderwysing van Dawid. 									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Salmos 52:2|
									toe Doëg, die Edomiet, gekom het en aan Saul te kenne gegee en aan hom gesê het: Dawid het in die huis van Ahiméleg ingegaan. 									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Salmos 52:3|
									Wat beroem jy jou in die kwaad, o geweldige? Die goedertierenheid van God duur die hele dag!									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Salmos 52:4|
									Jou tong beraam onheil, soos 'n geslypte skeermes, o werker van bedrog!									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Salmos 52:5|
									Jy hou meer van kwaad as van goed, van die leuen meer as om geregtigheid te spreek. Sela.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Salmos 52:6|
									Jy hou net van woorde wat verslind, o bedrieglike tong!									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Salmos 52:7|
									So sal God jou dan ook vir ewig omverwerp, jou wegruk en jou uit die tent uitsleep; ja, Hy sal jou ontwortel uit die land van die lewendes. Sela.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Salmos 52:8|
									En die regverdiges sal dit sien en vrees; en hulle sal oor hom lag en sê:									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Salmos 52:9|
									Kyk, die man wat God nie tot sy toevlug gemaak het nie, maar vertrou het op die grootheid van sy rykdom, sterk was in sy begeerlikheid!									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Salmos 52:10|
									Maar ek sal wees soos 'n groen olyfboom in die huis van God; ek vertrou op die goedertierenheid van God vir ewig en altyd.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15