- 
			
				
Leer por capítulos:
60- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Salmos 60:1|
									Vir die musiekleier; op die wysie van: Die Lelie van die Getuienis. 'n Gedig van Dawid, om te onderrig. 									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Salmos 60:2|
									Toe hy oorlog gevoer het teen die Arameërs van Mesopotámië en die Arameërs van Soba, en Joab teruggekom en die Edomiete verslaan het in die Soutdal, twaalf duisend. 									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Salmos 60:3|
									o God, U het ons verstoot, ons vanmekaar geskeur; U was toornig; herstel ons!									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Salmos 60:4|
									U het die land laat bewe, dit gekloof; genees sy breuke, want dit wankel!									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Salmos 60:5|
									U het u volk harde dinge laat sien; U het ons bedwelmende wyn laat drink.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Salmos 60:6|
									U het aan die wat u vrees, 'n banier gegee, om te vlug vir die boog! Sela.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Salmos 60:7|
									Sodat u bemindes gered mag word; verlos deur u regterhand en verhoor ons!									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Salmos 60:8|
									God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Salmos 60:9|
									Gílead is myne en Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Salmos 60:10|
									Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; jubel oor My, o Filistéa!									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18