- 
			
				
Leer por capítulos:
106- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Salmos 106:1|
									Halleluja! Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Salmos 106:2|
									Wie kan die magtige dade van die HERE uitspreek, al sy roem verkondig?									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Salmos 106:3|
									Welgeluksalig is hulle wat die reg bewaar, die wat altyd geregtigheid doen.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Salmos 106:4|
									Dink aan my, o HERE, na die welbehae in u volk, besoek my met u heil,									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Salmos 106:5|
									dat ek kan aanskou die geluk van u uitverkorenes, dat ek bly kan wees in die blydskap van u volk, my kan beroem met u erfdeel.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Salmos 106:6|
									Ons het gesondig, saam met ons vaders; ons het verkeerd gedoen, goddeloos gehandel.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Salmos 106:7|
									Ons vaders in Egipte het nie ag gegee op u wonders, hulle het nie gedink aan die menigte van u goedertierenhede nie, maar was wederstrewig by die see, by die Skelfsee.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Salmos 106:8|
									Maar Hy het hulle verlos om sy Naam ontwil, om sy mag bekend te maak.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Salmos 106:9|
									En Hy het die Skelfsee gedreig, sodat dit opgedroog het, en hulle deur die watervloede laat gaan soos deur 'n woestyn.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Salmos 106:10|
									En Hy het hulle verlos uit die hand van die hater en hulle bevry uit die hand van die vyand.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15