- 
			
				
Leer por capítulos:
69- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Salmos 69:1|
									Vir die musiekleier; op die wysie van: Lelies. 'n Psalm van Dawid. 									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Salmos 69:2|
									Verlos my, o God, want die waters het tot by die siel gekom.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Salmos 69:3|
									Ek sink in grondelose modder waar geen staanplek is nie; ek het in waterdieptes gekom, en die stroom loop oor my.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Salmos 69:4|
									Ek is moeg van my geroep, my keel brand, my oë versmag terwyl ek wag op my God.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Salmos 69:5|
									Die wat my sonder oorsaak haat, is meer as die hare van my hoof; die wat klaar staan om my te vernietig, wat sonder grond my vyande is, is magtig; wat ek nie geroof het nie, moet ek dan teruggee.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Salmos 69:6|
									o God, U weet van my dwaasheid, en my skuldige dade is vir U nie verborge nie.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Salmos 69:7|
									Laat die wat u verwag, deur my nie beskaamd staan nie, o Here, HERE van die leërskare! Laat die wat U soek, deur my nie in die skande kom nie, o God van Israel!									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Salmos 69:8|
									Want om U ontwil dra ek smaad, bedek skande my aangesig.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Salmos 69:9|
									Vreemd het ek vir my broers geword en 'n onbekende vir die seuns van my moeder.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Salmos 69:10|
									Want die ywer vir u huis het my verteer, en die smaadhede van die wat U smaad, het op my geval.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18