- 
			
				
Leer por capítulos:
112- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Salmos 112:1|
									Halleluja! Alef. Welgeluksalig is die man wat die HERE vrees, Bet. wat 'n groot welbehae in sy gebooie het.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Salmos 112:2|
									Gimel. Sy nageslag sal geweldig wees op die aarde; Dalet. die geslag van die opregtes sal geseën word.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Salmos 112:3|
									He. Oorvloed en rykdom is in sy huis; Wau. en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Salmos 112:4|
									Sajin. Vir die opregtes gaan Hy op as 'n lig in die duisternis: Get. genadig en barmhartig en regverdig.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Salmos 112:5|
									Tet. Gelukkig die man wat hom ontferm en uitleen, Jod. wat sy sake volgens reg besorg.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Salmos 112:6|
									Kaf. Want hy sal nooit wankel nie; Lamed. die regverdige sal in ewige gedagtenis wees.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Salmos 112:7|
									Mem. Hy vrees nie vir slegte tyding nie; Noen. sy hart is gerus, vol vertroue op die HERE.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Salmos 112:8|
									Samek. Vas is sy hart, hy vrees nie. Ajin. totdat hy op sy teëstanders neersien.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Salmos 112:9|
									Pe. Hy strooi uit, hy gee aan die behoeftiges; Sade. sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid; Kof. sy horing word verhoog in eer.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Salmos 112:10|
									Resj. Die goddelose sien dit en is vererg; Sjin. hy kners met sy tande en smelt weg; Tau. die begeerte van die goddelose mense vergaan.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18