- 
			
				
Leer por capítulos:
24- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Salmos 24:1|
									'n Psalm van Dawid. Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon;									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Salmos 24:2|
									want Hy het dit gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Salmos 24:3|
									Wie mag klim op die berg van die HERE? En wie mag staan in sy heilige plek?									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Salmos 24:4|
									Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Salmos 24:5|
									Hy sal seën wegdra van die HERE en geregtigheid van die God van sy heil.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Salmos 24:6|
									Dit is die geslag van hulle wat na Hom vra, wat u aangesig soek-  dit is Jakob. Sela.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Salmos 24:7|
									Hef op julle hoofde, o poorte, ja, verhef julle, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Salmos 24:8|
									Wie is tog die Erekoning? Die HERE, sterk en geweldig, die HERE geweldig in die stryd.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Salmos 24:9|
									Hef op julle hoofde, o poorte, ja, hef op, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Salmos 24:10|
									Wie is dan tog die Erekoning? Die HERE van die leërskare-  Hy is die Erekoning! Sela.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15