- 
			
				
Leer por capítulos:
56- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Salmos 56:1|
									Vir die musiekleier; op die wysie van: Die Duif van die ver Terebinte. Van Dawid. 'n Gedig, toe die Filistyne hom gevang het in Gat. 									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Salmos 56:2|
									Wees my genadig, o God, want mense vertrap my; hy wat my beveg, verdruk my die hele dag.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Salmos 56:3|
									My vyande vertrap my die hele dag, want baie veg teen my in hoogmoed.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Salmos 56:4|
									Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Salmos 56:5|
									Deur God sal ek sy woord prys; ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan vlees my doen?									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Salmos 56:6|
									Die hele dag verdraai hulle my woorde; al hulle gedagtes is teen my, om kwaad te doen.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Salmos 56:7|
									Hulle val aan, lê en loer-  hulle let op my hakskene net soos hulle op my lewe geloer het.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Salmos 56:8|
									Ondanks hul ongeregtigheid-  sal hulle ontvlug? Werp volke neer in toorn, o God!									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Salmos 56:9|
									U het my omswerwinge getel; hou my trane in u kruik; is hulle nie in u boek nie?									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Salmos 56:10|
									Dan sal my vyande agteruitwyk op die dag as ek roep; dit weet ek dat God aan my kant is.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18