- 
			
				
Leer por capítulos:
12- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Salmos 12:1|
									Vir die musiekleier; met basstem. 'n Psalm van Dawid.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Salmos 12:2|
									Red, o Here, want daar is geen vrome meer nie; want die getroues het verdwyn onder die mensekinders.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Salmos 12:3|
									Hulle praat leuens, die een met die ander; met vleiende lippe spreek hulle dubbelhartig.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Salmos 12:4|
									Mag die HERE al die vleiende lippe uitroei, die tong wat grootpraat,									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Salmos 12:5|
									hulle wat sê: Met ons tong is ons sterk; ons lippe is met ons! Wie is heer oor ons?									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Salmos 12:6|
									Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou opstaan, sê die HERE; Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna smag.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Salmos 12:7|
									Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in 'n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Salmos 12:8|
									U, o HERE, sal hulle bewaar; U sal ons bewaar van hierdie geslag vir ewig.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Salmos 12:9|
									Die goddelose draf rond as laagheid die oorhand kry by die mensekinders.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15