- 
			
				
Leer por capítulos:
88- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Salmos 88:1|
									'n Lied, 'n Psalm van die kinders van Korag, Vir die musiekleier; op die wysie van: Máhalat leannot. 'n Onderwysing van Heman, die Esrahiet. 									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Salmos 88:2|
									HERE, God van my heil, bedags roep ek, in die nag is dit voor U.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Salmos 88:3|
									Laat my gebed voor u aangesig kom, neig u oor tot my smeking.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Salmos 88:4|
									Want my siel is sat van teëspoede, en my lewe raak aan die doderyk.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Salmos 88:5|
									Ek word gereken by die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos 'n man sonder krag,									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Salmos 88:6|
									vrygelaat onder die dooies, soos die wat verslaan is, wat in die graf lê, aan wie U nie meer dink nie, en wat afgesny is van u hand.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Salmos 88:7|
									U het my gesit in die kuil diep daaronder, in duisternisse, in dieptes.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Salmos 88:8|
									U grimmigheid rus op my, en U druk my neer met al u golwe. Sela.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Salmos 88:9|
									U het my bekendes ver van my verwyder, my iets afskuweliks gemaak vir hulle; ek is ingesluit en kan nie uitkom nie.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Salmos 88:10|
									My oog vergaan van ellende. HERE, ek roep U aan die hele dag deur, ek brei my hande na U uit.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18