- 
			
				
Leer por capítulos:
122- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Salmos 122:1|
									'n Bedevaartslied. Van Dawid. Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die HERE gaan!									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Salmos 122:2|
									Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem!									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Salmos 122:3|
									Jerusalem wat gebou is soos 'n stad wat goed saamgevoeg is,									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Salmos 122:4|
									waarheen die stamme optrek, die stamme van die HERE-  'n voorskrif vir Israel! -  om die Naam van die HERE te loof.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Salmos 122:5|
									Want daar staan die stoele vir die gereg, die stoele van die huis van Dawid.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Salmos 122:6|
									Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe!									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Salmos 122:7|
									Mag daar vrede wees in jou skanse, rus in jou paleise!									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Salmos 122:8|
									Ter wille van my broers en my vriende wil ek spreek: Vrede in jou!									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Salmos 122:9|
									Ter wille van die huis van die HERE onse God wil ek die goeie vir jou soek.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15