- 
			
				
Leer por capítulos:
75- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Salmos 75:1|
									Vir die musiekleier; op die wysie van: Moenie verwoes nie. 'n Psalm van Asaf. 'n Lied. 									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Salmos 75:2|
									Ons loof U, o God, ons loof, en naby is u Naam; hulle vertel u wonders.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Salmos 75:3|
									As Ek die regte tydstip aangryp, oordeel Ék regverdig.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Salmos 75:4|
									Al wankel die aarde en al sy bewoners-  Ék het sy pilare vasgestel. Sela.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Salmos 75:5|
									Ek sê tot die onsinniges: Wees nie onsinnig nie! en tot die goddelose: Verhef die horing nie!									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Salmos 75:6|
									Verhef julle horing nie daarbo en spreek nie met trots uitgerekte nek nie.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Salmos 75:7|
									Want nie van die opgang of van die ondergang, ook nie van die woestyn van berghoogtes nie....									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Salmos 75:8|
									maar God is regter: Hy verneder die een en verhef die ander.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Salmos 75:9|
									Want in die hand van die HERE is 'n beker, en die wyn skuim; dit is oorvloedig gemeng, en Hy skink daaruit; ja, die afsaksel daarvan moet al die goddelose van die aarde opslurp, uitdrink.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Salmos 75:10|
									Maar ék sal vir ewig verkondig-  ek wil psalmsing tot eer van die God van Jakob.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18