- 
			
				
Leer por capítulos:
49- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Salmos 49:1|
									Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm. 									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Salmos 49:2|
									Hoor dit, alle volke, luister, alle bewoners van die wêreld,									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Salmos 49:3|
									geringes sowel as aansienlikes, tesame ryk en arm!									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Salmos 49:4|
									My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstand.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Salmos 49:5|
									Ek sal my oor neig tot 'n spreuk; ek sal my raaisel verklaar by die siter.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Salmos 49:6|
									Waarom sou ek vrees in dae van onheil, as die ongeregtigheid van my onderkruipers my omring-  									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Salmos 49:7|
									die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom?									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Salmos 49:8|
									Niemand kan ooit 'n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Salmos 49:9|
									(want die losprys van hulle lewe is te kosbaar en vir ewig ontoereikend),									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Salmos 49:10|
									dat hy vir ewig sou voortlewe, die vernietiging nie sou sien nie.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18