- 
			
				
Leer por capítulos:
88- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Salmos 88:11|
									Kan U aan die dooies 'n wonder doen? Of kan skimme opstaan, kan hulle U loof? Sela.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Salmos 88:12|
									Kan u goedertierenheid vertel word in die graf, u trou in die plek van vertering?									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Salmos 88:13|
									Kan u wondermag in die duisternis bekend word en u geregtigheid in die land van vergetelheid?									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Salmos 88:14|
									Maar ék, HERE, roep U aan om hulp, en in die môre kom my gebed U tegemoet.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Salmos 88:15|
									HERE, waarom verstoot U my siel, verberg U u aangesig vir my?									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Salmos 88:16|
									Van jongs af is ek ellendig en klaar om te sterwe; ek dra u verskrikkinge, ek is radeloos.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Salmos 88:17|
									U toorngloed het oor my gegaan; u verskrikkinge vernietig my;									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Salmos 88:18|
									die hele dag omring hulle my soos water, saam omsingel hulle my.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Salmos 88:19|
									U het vriend en metgesel ver van my verwyder; my bekendes is duisternis.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15