- 
			
				
Leer por capítulos:
147- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Salmos 147:11|
									Die HERE het 'n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op sy goedertierenheid hoop.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Salmos 147:12|
									o Jerusalem, prys die HERE! o Sion, loof jou God!									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Salmos 147:13|
									Want Hy het die grendels van jou poorte sterk gemaak; Hy het jou kinders binne-in jou geseën.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Salmos 147:14|
									Hy wat aan jou grondgebied vrede verskaf, wat jou versadig met die beste van die koring,									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Salmos 147:15|
									wat sy bevel na die aarde stuur-  sy woord loop baie vinnig.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Salmos 147:16|
									Hy gee sneeu soos wol; Hy strooi ryp soos as.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Salmos 147:17|
									Hy werp sy ys heen soos stukke-  wie kan bestaan voor sy koue?									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Salmos 147:18|
									Hy stuur sy woord en laat hulle smelt; Hy laat sy wind waai-  die waters loop.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Salmos 147:19|
									Hy maak aan Jakob sy woorde bekend, aan Israel sy insettinge en sy verordeninge.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Salmos 147:20|
									So het Hy aan geen enkele nasie gedoen nie; en sy verordeninge, dié ken hulle nie. Halleluja!									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18