- 
			
				
Leer por capítulos:
22- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									21
									 
									 
									|Salmos 22:21|
									Red my siel van die swaard, my enigste uit die mag van die hond.									
									    
								 
- 
									
									22
									 
									 
									|Salmos 22:22|
									Verlos my uit die bek van die leeu, en uit die horings van die buffels het U my verhoor!									
									    
								 
- 
									
									23
									 
									 
									|Salmos 22:23|
									Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys.									
									    
								 
- 
									
									24
									 
									 
									|Salmos 22:24|
									Julle wat die HERE vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel!									
									    
								 
- 
									
									25
									 
									 
									|Salmos 22:25|
									Want Hy het die ellende van die ellendige nie verag of verfoei en sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe dié Hom aangeroep het om hulp.									
									    
								 
- 
									
									26
									 
									 
									|Salmos 22:26|
									Van U kom my lof in 'n groot vergadering; ek sal my geloftes betaal in teenwoordigheid van die wat Hom vrees.									
									    
								 
- 
									
									27
									 
									 
									|Salmos 22:27|
									Die ootmoediges sal eet en versadig word; húlle sal die HERE prys wat na Hom soek; mag julle hart vir ewig lewe!									
									    
								 
- 
									
									28
									 
									 
									|Salmos 22:28|
									Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid.									
									    
								 
- 
									
									29
									 
									 
									|Salmos 22:29|
									Want die koninkryk behoort aan die HERE, en Hy heers oor die nasies.									
									    
								 
- 
									
									30
									 
									 
									|Salmos 22:30|
									Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor sy aangesig kniel en hy wat sy siel nie in die lewe kan hou nie.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15