- 
			
				
Leer por capítulos:
35- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									21
									 
									 
									|Salmos 35:21|
									En hulle maak hul mond wyd oop teen my, hulle sê: Ha, ha, ons oog het dit gesien!									
									    
								 
- 
									
									22
									 
									 
									|Salmos 35:22|
									HERE, U het dit gesien, swyg nie. Here, wees nie ver van my af nie!									
									    
								 
- 
									
									23
									 
									 
									|Salmos 35:23|
									Ontwaak en word wakker vir my reg; my God en Here, vir my regsaak.									
									    
								 
- 
									
									24
									 
									 
									|Salmos 35:24|
									Doen aan my reg na u geregtigheid, HERE my God, en laat hulle oor my nie bly wees nie!									
									    
								 
- 
									
									25
									 
									 
									|Salmos 35:25|
									Laat hulle in hul hart nie sê: Ha, ons begeerte! Laat hulle nie sê: Ons het hom verslind nie!									
									    
								 
- 
									
									26
									 
									 
									|Salmos 35:26|
									Laat hulle wat bly is oor my ongeluk, beskaamd staan en saam rooi van skaamte word; laat hulle wat hul teen my groot maak, met skaamte en skande beklee word!									
									    
								 
- 
									
									27
									 
									 
									|Salmos 35:27|
									Laat húlle jubel en bly wees wat 'n behae het in my geregtigheid; en laat hulle altyddeur sê: Groot is die HERE wat 'n welbehae het in die vrede van sy kneg!									
									    
								 
- 
									
									28
									 
									 
									|Salmos 35:28|
									En my tong sal u geregtigheid prys, u lof die hele dag deur.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18