- 
			
				
Leer por capítulos:
81- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Salmos 81:11|
									Ek is die HERE jou God wat jou laat optrek het uit Egipteland; maak jou mond wyd oop, dat Ek dit kan vul.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Salmos 81:12|
									Maar my volk het na my stem nie geluister nie, en Israel was vir My nie gewillig nie.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Salmos 81:13|
									Toe het Ek hulle oorgegee aan die verhardheid van hul hart, dat hulle in hul eie planne kon wandel.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Salmos 81:14|
									Ag, as my volk maar na My wou luister, Israel in my weë wou wandel!									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Salmos 81:15|
									Gou sou Ek hul vyande onderwerp en my hand teen hul teëstanders uitstrek.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Salmos 81:16|
									Die haters van die HERE sou kruipende na Hom toe kom; maar húlle tyd sou vir ewig wees.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Salmos 81:17|
									Ja, Hy sou hulle voed met die beste van die koring; en met heuning uit die rots sou Ek jou versadig.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15