- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									3
									 
									 
									|Salmos 9:3|
									In U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste,									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Salmos 9:4|
									omdat my vyande agteruitwyk, struikel en omkom van voor u aangesig.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Salmos 9:5|
									Want U het my reg en my regsaak behandel; U het gaan sit op die troon, o regverdige regter!									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Salmos 9:6|
									U het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom, hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Salmos 9:7|
									Die vyande het omgekom-  puinhope vir ewig; ook die stede wat U verwoes het; hulle gedagtenis, ja, dié het vergaan.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Salmos 9:8|
									Maar die HERE sit vir ewig; Hy het sy troon reggesit vir die oordeel.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Salmos 9:9|
									En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Salmos 9:10|
									So is die HERE dan 'n rotsvesting vir die verdrukte, 'n rotsvesting in tye van benoudheid.									
									    
								 
- 
									
									11
									 
									 
									|Salmos 9:11|
									En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o HERE!									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Salmos 9:12|
									Psalmsing tot eer van die HERE wat op Sion woon; verkondig onder die volke sy dade.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18