- 
			
				
Leer por capítulos:
109- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Salmos 109:11|
									Laat die skuldeiser alles neem wat hy het, en laat vreemdes sy goed buitmaak.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Salmos 109:12|
									Laat hom niemand hê wie se guns bestendig is, en laat niemand hom oor sy wese ontferm nie.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Salmos 109:13|
									Laat sy nakomelinge uitgeroei word; laat hulle naam uitgedelg word in die volgende geslag.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Salmos 109:14|
									Laat die HERE gedagtig wees aan die ongeregtigheid van sy vaders, en laat die sonde van sy moeder nie uitgedelg word nie.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Salmos 109:15|
									Laat dié altyddeur voor die HERE wees, dat Hy hulle gedagtenis van die aarde af kan uitroei;									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Salmos 109:16|
									omdat hy nie daaraan gedink het om guns te bewys nie, maar die ellendige en behoeftige man vervolg het en die moedelose van hart, om hom dood te maak.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Salmos 109:17|
									Ja, hy het die vloek liefgehad en-  dit het oor hom gekom; en hy het geen welbehae gehad in die seën nie en-  dit het ver van hom af gebly.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Salmos 109:18|
									Hy het die vloek aangetrek soos 'n kleed en-  dit het soos water in sy binneste gekom en soos olie in sy gebeente.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Salmos 109:19|
									Laat dit vir hom wees soos 'n kleed waarin hy hom toedraai, en 'n gordel wat hy altyddeur ombind.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Salmos 109:20|
									Laat dit die loon van my teëstanders wees vanweë die HERE, en van hulle wat kwaad spreek teen my.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18