- 
			
				
Leer por capítulos:
109- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									21
									 
									 
									|Salmos 109:21|
									Maar U, o HERE Here, maak dit goed met my om u Naam ontwil; omdat u goedertierenheid goed is, red my.									
									    
								 
- 
									
									22
									 
									 
									|Salmos 109:22|
									Want ek is ellendig en behoeftig, en my hart is deurwond in my binneste.									
									    
								 
- 
									
									23
									 
									 
									|Salmos 109:23|
									Ek gaan heen soos 'n skaduwee as dit lank word; ek is afgeskud soos 'n sprinkaan.									
									    
								 
- 
									
									24
									 
									 
									|Salmos 109:24|
									My knieë knik van vas, en my vlees het maer geword, sonder vet.									
									    
								 
- 
									
									25
									 
									 
									|Salmos 109:25|
									En ék het vir hulle 'n smaad geword; as hulle my sien, skud hulle hul hoof.									
									    
								 
- 
									
									26
									 
									 
									|Salmos 109:26|
									Help my, HERE my God! Verlos my na u goedertierenheid,									
									    
								 
- 
									
									27
									 
									 
									|Salmos 109:27|
									sodat hulle kan weet dat dit u hand is: U, o HERE, het dit gedoen.									
									    
								 
- 
									
									28
									 
									 
									|Salmos 109:28|
									Laat húlle vloek, maar U, seën U. Hulle het opgestaan en beskaamd geword, maar u kneg is bly.									
									    
								 
- 
									
									29
									 
									 
									|Salmos 109:29|
									Laat my teëstanders beklee word met smaad en hulle toedraai in hul skande soos in 'n mantel.									
									    
								 
- 
									
									30
									 
									 
									|Salmos 109:30|
									Ek sal die HERE hardop loof met my mond, en onder baie sal ek Hom prys;									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18