- 
			
				
Leer por capítulos:
18- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Salmos 18:11|
									En Hy het op 'n gérub gery en gevlieg; ja, Hy het gesweef op die vleuels van die wind.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Salmos 18:12|
									Duisternis het Hy sy skuilplek gemaak, sy hut rondom Hom: duisternis van waters, diktes van wolke.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Salmos 18:13|
									Deur die glans voor Hom het sy wolke verbygetrek, hael en gloeiende kole.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Salmos 18:14|
									En die HERE het in die hemel gedonder, en die Allerhoogste het sy stem laat hoor; hael en gloeiende kole.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Salmos 18:15|
									En Hy het sy pyle uitgestuur en hulle verstrooi; ja, sy bliksems in menigte, en Hy het hulle verwar.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Salmos 18:16|
									En die beddings van die waters het sigbaar geword, en die fondamente van die wêreld is blootgelê vanweë u dreiging, o HERE, vanweë die geblaas van die wind van u neus.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Salmos 18:17|
									Hy het uit die hoogte sy hand uitgestrek, Hy het my gegryp, Hy het my uit groot waters getrek.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Salmos 18:18|
									Hy het my verlos van my magtige vyand en van my haters, omdat hulle te sterk was vir my.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Salmos 18:19|
									Hulle het my oorval op die dag van my nood; maar die HERE was my steun.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Salmos 18:20|
									En Hy het my uitgelei in die ruimte; Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18