- 
			
				
Leer por capítulos:
18- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									31
									 
									 
									|Salmos 18:31|
									Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.									
									    
								 
- 
									
									32
									 
									 
									|Salmos 18:32|
									Want wie is God buiten die HERE, en wie is 'n rots behalwe onse God?									
									    
								 
- 
									
									33
									 
									 
									|Salmos 18:33|
									God is dit wat my met krag omgord en my weg volkome maak.									
									    
								 
- 
									
									34
									 
									 
									|Salmos 18:34|
									Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staan op my hoogtes.									
									    
								 
- 
									
									35
									 
									 
									|Salmos 18:35|
									Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms 'n koperboog span.									
									    
								 
- 
									
									36
									 
									 
									|Salmos 18:36|
									Ook het U my die skild van u uitredding gegee, en u regterhand het my ondersteun, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.									
									    
								 
- 
									
									37
									 
									 
									|Salmos 18:37|
									U het my voetstap ruim gemaak onder my, en my enkels het nie gewankel nie.									
									    
								 
- 
									
									38
									 
									 
									|Salmos 18:38|
									Ek het my vyande agtervolg en hulle ingehaal, en ek het nie teruggekom voordat ek hulle vernietig het nie.									
									    
								 
- 
									
									39
									 
									 
									|Salmos 18:39|
									Ek het hulle verbrysel, sodat hulle nie kon opstaan nie; hulle het geval onder my voete.									
									    
								 
- 
									
									40
									 
									 
									|Salmos 18:40|
									En U het my met krag omgord vir die stryd; U het my teëstanders onder my laat buk.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18