- 
			
				
Leer por capítulos:
68- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Salmos 68:11|
									U skare het daarin gewoon; U het dit in u goedheid berei vir die ellendige, o God!									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Salmos 68:12|
									Die Here het die woord laat hoor-  die vroue wat die goeie tyding gebring het, was 'n groot skare:									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Salmos 68:13|
									Die konings van die leërskare vlug, hulle vlug; en sy wat tuis gebly het, verdeel die buit.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Salmos 68:14|
									As julle daar lê tussen die veekrale, is die vlerke van die duif oordek met silwer en sy vleuels met liggroen goud.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Salmos 68:15|
									Toe die Almagtige konings daarin verstrooi het, het dit gesneeu op Salmon.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Salmos 68:16|
									'n Berg van God is die berg Basan, 'n berg met toppe is die berg Basan.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Salmos 68:17|
									Waarom kyk julle afgunstig, o berge met toppe, na die berg wat God begeer het vir sy woning? Ja, die HERE sal daar woon tot in ewigheid.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Salmos 68:18|
									Die waens van God is tien duisende, duisend maal duisende; die Here is onder hulle; dit is Sinai in heiligheid.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Salmos 68:19|
									U het opgeklim na die hoogte, U het gevangenes weggevoer, U het geskenke geneem onder die mense; ja, ook wederstrewiges om daar te woon, o HERE God!									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Salmos 68:20|
									Geloofd sy die Here! Dag ná dag dra Hy ons; God is ons heil! Sela.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18