- 
			
				
Leer por capítulos:
78- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Salmos 78:1|
									'n Onderwysing van Asaf. My volk, luister na my onderrig; neig julle oor tot die woorde van my mond.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Salmos 78:2|
									Ek wil my mond open met 'n spreuk, raaisels uit die voortyd laat stroom.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Salmos 78:3|
									Wat ons gehoor het en weet en ons vaders ons vertel het,									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Salmos 78:4|
									sal ons nie verberg vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van die HERE en sy mag en sy wonders wat Hy gedoen het.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Salmos 78:5|
									Hy tog het 'n getuienis opgerig in Jakob en 'n wet gegee in Israel, wat Hy ons vaders beveel het-  om dit aan hulle kinders bekend te maak,									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Salmos 78:6|
									sodat die volgende geslag dit kan weet, die kinders wat gebore word, dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders,									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Salmos 78:7|
									en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar,									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Salmos 78:8|
									en nie word soos hulle vaders nie, 'n koppige en wederstrewige geslag, 'n geslag met 'n onvaste hart en wie se gees nie trou was teenoor God nie.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Salmos 78:9|
									Die kinders van Efraim, gewapende boogskutters, het omgespring op die dag van oorlog.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Salmos 78:10|
									Hulle het die verbond van God nie gehou nie en geweier om te wandel in sy wet.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18