- 
			
				
Leer por capítulos:
78- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Salmos 78:11|
									En hulle het sy dade vergeet en sy wonders wat Hy hulle laat sien het.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Salmos 78:12|
									Voor hulle vaders het Hy wonders gedoen, in die land Egipte, die veld van Soan.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Salmos 78:13|
									Hy het die see geklief en hulle laat deurgaan en die waters laat staan soos 'n wal.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Salmos 78:14|
									En Hy het hulle bedags gelei met 'n wolk en die hele nag met 'n lig van vuur.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Salmos 78:15|
									Hy het rotse gekloof in die woestyn en hulle oorvloedig laat drink soos uit watervloede.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Salmos 78:16|
									En Hy het strome laat uitgaan uit die rots en die waters laat afloop soos riviere.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Salmos 78:17|
									Nog het hulle voortgegaan om teen Hom te sondig, om wederstrewig te wees teen die Allerhoogste in die dor land.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Salmos 78:18|
									En hulle het God versoek in hul hart deur voedsel te vra na hulle sin.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Salmos 78:19|
									En hulle het teen God gespreek, hulle het gesê: Sou God 'n tafel kan dek in die woestyn?									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Salmos 78:20|
									Kyk, Hy het die rots geslaan, dat waters gevloei en spruite gestroom het-  sou Hy ook brood kan gee of vleis kan verskaf aan sy volk?									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15