- 
			
				
Leer por capítulos:
78- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									51
									 
									 
									|Salmos 78:51|
									En Hy het al die eersgeborenes in Egipte getref, die eerstelinge van hul krag in die tente van Gam.									
									    
								 
- 
									
									52
									 
									 
									|Salmos 78:52|
									Maar Hy het sy volk laat wegtrek soos skape en hulle gelei soos 'n kudde in die woestyn.									
									    
								 
- 
									
									53
									 
									 
									|Salmos 78:53|
									Ja, Hy het hulle veilig gelei, sodat hulle nie gevrees het nie; maar die see het hulle vyande oordek.									
									    
								 
- 
									
									54
									 
									 
									|Salmos 78:54|
									En Hy het hulle gebring na sy heilige grondgebied, na die bergland wat sy regterhand verwerf het.									
									    
								 
- 
									
									55
									 
									 
									|Salmos 78:55|
									En Hy het nasies voor hulle uit verdrywe en dié aan hulle as afgemete erfdeel laat val, en Hy het die stamme van Israel in hulle tente laat woon.									
									    
								 
- 
									
									56
									 
									 
									|Salmos 78:56|
									Maar hulle het Hom versoek en was wederstrewig teen God, die Allerhoogste, en hulle het sy getuienisse nie onderhou nie.									
									    
								 
- 
									
									57
									 
									 
									|Salmos 78:57|
									En hulle was afvallig en het troueloos gehandel soos hul vaders; hulle het omgedraai soos 'n bedrieglike boog.									
									    
								 
- 
									
									58
									 
									 
									|Salmos 78:58|
									En hulle het Hom geterg deur hul hoogtes en deur hul gesnede beelde sy jaloersheid gewek.									
									    
								 
- 
									
									59
									 
									 
									|Salmos 78:59|
									God het dit gehoor en toornig geword, en Hy het Israel heeltemal verwerp.									
									    
								 
- 
									
									60
									 
									 
									|Salmos 78:60|
									En Hy het die tabernakel in Silo prysgegee, die tent wat Hy opgeslaan het onder die mense.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18